|
Afkondigings
Ons leef die liefde van God uit..
Sondag- 2 April 2006
.
Welkom by vanoggend se erediens. Mag Jesus Christus, ons Here, die begin en einde in elkeen se lewens wees. Skriflesing: Markus 15:
16-20 Weekprogram
Vandag
- Sesde Lydensweek
- Kooroefening vir alle belangstellendes na die tee.
- Kollekte by die deure vir ons gemeente in Zimbabwe
- Dankie aan Lianda vir die begeleiding op die orrel met vanoggend se erediens.
Donderdag
- Blok A het .n byeenkoms Donderdag-aand om 19:00 aan huis van Salie en Patsie Schnetler, Cannonweg 4. Saterdag 8 April HAMBURGERS-
- Ons gemeente verkoop hamburgers by die Mini Mark, ons benodig asb. nog helpers kontak asb. vir Bertie Tel:0828094587 of Marie Tel:6374636. Indien jy nie kan help nie KOM ONDERSTEUN ASB.! JEUG
21 April JEUG-AAND
Ons beplan .n jeugaand waartydens ons gaan pannekoek bak, en braai! Stel .n span saam met
4 maats .R5 per spanlid en kom skryf in vir
die lekker kompetisie, Die matriekgroep is ons eerste span wat reeds ingeskryf het..Watter span kan die meeste pannekoekke in die korste tyd met minste .flops. bak.Pannekoeke sal tekoop aangebied word. Elke span moet ook .n tema hê, en aantrek daarvolgens.
-Alle lidmate word ook uitgenooi na die .Bring en braai.,vure sal voorsien word. (Rugby sal op die groot skerm vertoon word). Alle jeug word aangemoedig om deel te neem aan .n kompetisie om .n naam te kies, vir die jeug in die gemeente.
Name kan in die kollektebordjie geplaas, of by die kerkkantoor ingehandig word, voor 20 April.
-Indien daar lidmate is wat dalk wil bestanddele skenk vir die pannekoek, kan u dit by die kerkkantoor, Louise, Magdarien of Lida afgee. PIK EN PROE
Baie dankie vir almal wat hard gewerk , bygedra en ondersterun het die pragtige bedrag van R2100-00 is ingesamel. Baie dankie ook aan ons nagereg dames .n verdere R400 is met die verkoop van nagereg by die Pik en Proe ingesamel.
WOORD VAN DANK
Baie dankie aan Corrie Kritzinger vir die skenking van die pragtige tafeldoeke.
In ligter luim:
Kinders en hulle dinge.
1 .Sarie vertel dat toe sy en haar kleindogter deur 'n tydskrif blaai en op 'n foto
afkom van 'n skouerlose bloesie, sê die kleinding. "Ouma, jy moet vir my ook
so bloesie maak sonder handvatsels.
2 Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees. Sy
streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe -"Oupa, het die
Here vir oupa gemaak?" "Ja, my ding," antwoord hy "dit was sommer al lank
gelede." "Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag."Ja, my skat, maar
dit was sommer net nou die dag" antwoord oupa weer.Terwyl sy weer oor albei
se gesigte voel, sê sy "Hy raak al beter en beter nê oupa?!"
3. Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte
opneem. Hy leun oor na sy ma toe en sê " Moenie vir my betaal nie, ek is nog
onder ses!"
4. 'n Klein dogtertjie sit rusteloos en rondskuif in die kerk toe die diens darem te
lank aanhou na haar sin.Uiteindelik fluister sy vir haar ma:"As ons nou vir hom
die geldtjies gee - sal hy ons dan laatgaan?"
5.Saartjie was vier toe sy en haar ma eendag 'n ou dame met redelik baie
plooie ontmoet. Saartjie het so rukkie vir haar staan en kyk en vra toe:
"Hoekom pas jou vel nie oor jou gesig nie?"
6.Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die botteltjie met pille oop te maak,
verduidelik ma dat die prop "Kinderproof" is en dat sy sal moet help. Met groot
oë vra Brittany: "Maar hoe het die botteltjie geweet dis ek wat hom wil
oopmaak?"
7.Susan was besig om vrugtesap te drink toe sy begin hik. "Moet asseblief nie
weer vir my van hierdie sap gee nie," sê sy "...dit laat my tande hoes!"
.Meer as ooit.
Meer as rykdom, meer as mag,
As die skoonheid van sterre in die nag
Meer as wat ons ooit op aarde wen
Is dit werd O Heer om U te ken
Meer as silwer, meer as geld,
Al die blomme, die diere in die veld,
Meer as dit, so eindeloos veel meer,
Was die prys wat u betaal het Heer.
Koor
Aan .n kruis en in .n graf van steen,
U leef en sterf verworpe en alleen
Immanuel, U die God met ons
U dra die straf en dink aan ons
Meer as ooit
ADVERTENSIES!
TEKOOP BY DIE KERKKANTOOR:
2 YSKASTE EN .n STOOF
-Kan besigtig word by die kerksaal
Vir enige navrae oor ons webblad kontak die webmeester by sql@base.za.net
|