NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK VAN NATAL
GEMEENTE LADYSMITH


Skakels

Literatuur
Afkondigings
Mediateek

Die Kerk
Foto-album
Leraars
Personeel

Maatskaplik
CMD/USIZO UTHUKELA
Kerk se Geskiedenis

Die eerste klein klipkerkie is in die jaar 1852 op die kerkplein opgerig, net agter die huidige kerkgebou. Ladysmith was 'n klein nedersettingtie en die gemeente was deel van Pietermaritzburg, wat toe die enigste gemeente in Natal was. Ds. H.E. Faure was toe die leraar. Die inwydingsrede is deur ds. Dirk van Velden gehou. Sy teks was Gen. 28:19 "En hy noemde de naam van de plaats Bethel."

Die plegtigheid is bygewoon deur 'n groot skare wat met 105 ossewaens en 100 perderuiters 'n laer getrek het op die kerkplein. Ds. Dirk van der Hoff(wat later die stigter van die Herformde Kerk in Suid-Afrika geword het) het die aandiens gelei.

Gedurende hierdie eerste tyd was daar nog geen orrel in die kerkie nie en mnr. Boers het as voorsanger en katkisasie-meester opgetree.

Op kersdag 1863 het die kerkraad besluit om 'n nuwe kerk van klip en steen op te rig.

Op 26 September 1868 het die magistraat kaptein Lucas die hoeksteen gelê omdat ds. McCarter op besoek aan Skotland was. Die kerkraad het 'n aantal perkament-dokumente en muntstukke wat onder die hoeksteen, wat vandag in die kerksaal ingemessel is, geplaas, maar daardie nag is dit gesteel en die steen weer netjies teruggesit. Daar is nooit vasgestel wie hiervoor verantwoordelik was nie.

Hierdie kerk kon 300 lidmate akkommodeer en het die gemeente vir 60 jaar gedien tot 1928. Gedurende die 3-jaar oorlog het die Engelse magte dit as 'n hospitaal gebruik. Die gemeente is gedurende hierdie tyd bedien deur ds. H.T. Kriel, ds. H.F. Schoon, ds. J.C. Röscher, ds. J.R. Albertyn, ds. H.J. de Vos en ds. P.A.M. Brink.

Toe die Voortrekker-Geloftekerk in Pietermaritzburg afgebreek is, is van die banke aan Ladysmith en ander aan Greytown afgestaan.

Toe hierdie tweede kerk ook te klein geword het, het die kerkraad op 28 Mei 1928 onder voorsitterskap van P.A.M. Brink besluit om 'n nuwe kerk en saal op te rig. Die koste van die kerk het R26,000 beloop en die van die saal, R2,000. Die sink, plafon en sommige van die deure van die ou kerk is gebruik om die kerksaal te bou.

Vir enige navrae oor ons webblad kontak die webmeester by sql@base.za.net